Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 26 MAART 2017

Goeie môre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin die bulletin vanoggend met die nuus van ‘n stil sleutel.

Die sleutel van Ken Victor, ZS2OC, het stil geword in die vroeë oggendure van Maandag 20 Maart 2017. Ken het sy amateur lisensie in die vroeë 1950's gekry en was 'n baie aktiewe en gewilde radio amateur sedertdien. Ken se stem sal gemis word op die lug - veral op die Maandagaand 4 m net en die Woensdagaand 6 m net - beide waaraan hy deelgeneem het oor baie jare totdat onlangse gesondheidskwessies hom verhinder het.

Danie Brynard, ZS6AWK, het Maandag 20 Maart sy lang stryd teen kanker verloor. Hy was 'n bedrewe Morsekode operateur, het 'n mikro ligte vliegtuig besit en graag op avontuur ritte met sy meerdoelige motorfiets gegaan. Vir hom was dit dan baie opwindend om kontakte met sy tuis geboude KX3 vanaf af geleë plekke te maak. In sy professionele lewe was hy 'n RF Ingenieur in die verdedigings bedryf. Hy het 'n groot liefde vir mikro beheerders gehad en het graag projekte met PICs en Arduino’s aan gepak. Hy was veral bekend gewees vir sy bereidwilligheid om sy kennis en ervaring met enige belangstellende, maar veral jong mense te deel. Sy op geruimde persoonlikheid gaan baie deur sy talle vriende gemis word.

Ons betuig ons innige meegevoel aan die families en baie vriende.

POUSE

In die nuus vandag:

DIE SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NASIONALE KONVENSIE OP SATERDAG 6 MEI

DIE RADAR UITDAGING OP SATERDAG 1 APRIL

en

BHF BEGINNERS MOET BEGIN EKSPERIMENTEER OP 144 EN 50 MHZ BANDE

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se Nasionale Konvensie wat die Algemene Jaarvergadering en Toekenningsdinee insluit, vind plaas by Bergvallei in Muldersdrift net noord van Johannesburg op Saterdag 6 Mei 2017. Die geleentheid word aangebied deur die Wes-Rand Amateurradioklub.

As jy die Algemene Jaarvergadering en Toekenningsdinee wil by woon, is dit noodsaaklik dat jy nie later nie as Woensdag 19 April jou plek bespreek. Die koste van die ete is R200 per kop vir SARL-lede en R300 per kop vir nie-lede. As jy die Algemene Jaarvergadering by woon en middagete wil geniet, laat ons teen 19 April weet sodat ons die spyseniers kan adviseer. Middagete kos R65 per kop.

Die gasspreker by die Toekenningsdinee is Mark Comninos medestigter van Marcom Aeronautics and Space Pty Ltd. Hul missie is die ontwikkeling, toetsing en bedryf van 'n gesin van kommersiële satelliet-lanserings voertuie rondom gemeenskaplike kern tegnologie. Mark se aanbieding sal jou inspireer en motiveer.

Om jou plek te verseker, stuur 'n e-pos aan admin@sarl.org.za of skakel Kelley by die SARL kantoor op 011 675 2393 of Geoff Levey, ZS6C op 082 546 5546. Neem asseblief kennis dat jou bespreking nie gewaarborg is totdat jy die volle betaling gemaak het.

Neem kennis dat die amptelike kennisgewing en dokumentasie vir die Algemene Jaarvergadering eers op Donderdag 6 April 2017 uit gestuur sal word, wees dus asseblief op die uitkyk vir dit. As jy nie kan bywoon nie, maak asseblief seker dat jy 'n volmag aan iemand gee wie jy vertrou om te stem soos jy sou.

Moenie uitstel nie - bespreek jou plek vandag!

** Net 'n paar dae bly oor voordat die stemmery vir die Suid-Afrikaanse Radioliga se Amateurradio-Eregallery op Vrydag 31 Maart eindig. Die Eregallery bewaar die nagedagtenis van indiwidue wat 'n beduidende bydrae tot amateur radio in Suid-Afrika gemaak het. Die eerste groep Gallery-lede is in 2016 ingelyf. 'n Volgende groep van tot tien sal op die SARL-Toekenningsdinee in Mei ingelyf word. Van volgende jaar af sal 'n maksimum van net twee nuwe lede jaarliks toegelaat word.

Opstelle wat die bydraes van die 21 genomineerdes beskryf kan op die Eregallery-bladsy deur ʼn skakel op die SARL-Webwerf se voorblad by gekom word. Omtrent 400 stemme is al van lede ontvang. Dit is die moeite werd om die nominasies te lees, want die kandidate het ons stokperdjie gevorm. Hulle sluit historiese reuse soos Dixon Bennett en Koos en Annie van der Merwe in, sowel as hedendaagse bydraers tot amateur radio.

Stem vandag!

** Bespreek nou vir 'n werkswinkel oor die stygende RF geraas vloer. Die Suid-Afrikaanse Radioliga reël ʼn Saterdagoggend werkswinkel om die stygende RF geraas vloer te bespreek, 'n gekoördineerde program te ontwikkel en 'n studiegroep te stig met die doel van 'n moniteringstelsel om meer inligting in te samel, terwyl dit ook versagting metodes oorweeg vir mens gemaakte geraas op amateur radio frekwensies.

Dit sal 'n oop vergadering wees en almal wat 'n belang in die onderwerp het, word uitgenooi om dit by te woon. Dit sal op Saterdag 22 April gehou word vanaf 09:30 tot 12:30 by die NARS. As jy 'n spesiale belangstelling, kundigheid of ondervinding in hierdie veld het, kan jy deelneem aan hierdie werkswinkel. Vir meer besonderhede, stuur ʼn e-pos aan sarlregwg@sarl.org.za met jou kontak besonderhede. Registreer nou, die vorm is beskikbaar vir aflaai op www.sarl.org.za.

** Die RaDAR Uitdaging is 'n unieke geleentheid wat gemik is op die bevordering van die gebruik van vinnige ontplooide Amateur Radio stasies. Kategorieë kan verander word te eniger tyd gedurende die uitdaging. Die punte stelsel is so gestruktureer om draagbare RaDAR bedrywighede veral bewegende RaDAR stasies aan te moedig. RaDAR operateurs word aangemoedig om selfonderhoudend te wees tydens elke uitdaging, met nie net kragbron en kommunikasie toerusting nie, maar kos, water, beskermende klere en skuiling, en moet die die noodhulp vergeet nie.

Die eerste RaDAR Uitdaging vir 2017 vind plaas op Saterdag 1 April van 00:00 tot 23:59 UTC, maar elke radio amateur kan besluit wat is sy of haar maksimum, enkele tydperk, vier-uur-aktiwiteit. Alle amateur bande word toegelaat, insluitend kruis kontakte via amateur radio satelliete. Modusse – gelykgolf, ESB, AM, FM of enige wetlike digitale modus. Die uitruiling is jou roepsein, jou naam, 'n RS of RST verslag, jou QTH en ruitverwysing.

Inligting oor die telling, vermenigvuldigers, bonuspunte en logstate kan gevind word op bladsy 26 van die 2017 Blouboek. Gaan jy die uitdaging aanvaar?

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

** SANSA se uitvoerende hoof om die program rede te lewer by AMSAT SA se Ruimte Simposium. Die nuut aangestelde uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap (SANSA), dr Val Munsami, sal die opening toespraak by die AMSAT SA 2017 Ruimte Simposium lewer op Saterdag 27 Mei 2017 by die Innovation Hub in Pretoria. Sy hoofrede is getiteld: "Versterk Suid-Afrika se satelliet vermoëns".

Die simposium beskik oor 'n verskeidenheid van aanbiedings, insluitend: Maak gereed om amateur radio se eerste geostasionêre satelliet in die derde kwartaal van vanjaar van stapel te stuur. Sagteware gedefinieerde radio op Raspberry as 'n intreevlak-stelsel en nog vele meer. Ook leer oor modulasietegnieke en applikasies vir inligting oordrag. Vir meer besonderhede en 'n vroeë besprekingsvorm, besoek www.amsatsa.org.za. Dit is die simposium van die jaar wat jy nie wil misloop nie.

** Die volgende Radio Amateurs het aansoek om SARL lidmaatskap gedoen.

Werner Muller, V51JP
Oleg Neruchev, ZS1OIN
Leslie McGregor, ZS2CD
Chris Smit, ZS6FCS
David Botha, ZS6O

Enige besware teen die genoemde lidmaatskap aansoeke moet die Liga Sekretaris voor of op 29 Maart 2017 bereik. Besware kan aan die Liga Sekretaris per epos gestuur word by secretary@sarl.org.za

** Beginners op BHF moet aangemoedig word om te begin eksperimenteer op die 144 en 50 MHz (2 en 6 meter) bande. Die 144 MHz-band is die beste Tropo band op VHF of hoër omdat die afsnyfrekwensie van die Tropo selde tot 50 MHz strek. Dit produseer sterk seine oor meer as 400 km via Tropo Verbetering en tot 5 000 km op Tropo geleiding oor die see.

Die Tower Band, 50 MHz, blink uit op die meeste ander voortplanting modusse en produseer baie sterk seine op Meteor Strooi, Sporadiese-E, TEP, wêreldwyd DX via F2 wanneer die sonvlektelling hoog is , plus nog sewe voortplanting modusse insluitend SSSP en EME (behalwe satelliet). Jy sal hierdie twee bande baie opwindend vind en as jy die wins van jou horisontale Yagi verhoog, sal jy die afstande verhoog en ʼn aantal VHF stasies werk.

** Die SA Pantsermuseum gaan deelneem in die 2017 Stars of Sandstone gebeurtenis op die Sandstone landgoed net noord van Ficksburg. Die Museum roepsein, ZS4AFV, sal op die lug wees vanaf Donderdag 30 Maart tot Sondag 9 April en bedien word deur Dennis, ZS4BS, wanneer hy nie betrokke is by die museum voertuie. Aktiwiteit sal op HF wees met foon en digitale modusse. Besoekende radio amateurs kan hul gelykgolf sleutels saambring. QSL via die buro en ZS4BS.

** Donderdag 6 April vind die eerste been van die SARL 80 meter QSO-geselligheid plaas. Hierdie gewilde foon kompetisie begin om 17:00 en eindig om 20:00 UTC.

Die Herfs QRP Kompetisie is op die lug van 12:00 tot 15:00 UTC op Saterdag 8 April met foon en gelykgolf aktiwiteit op 40 meter vir die eerste uur en dan op alle HF kompetisie bande vir die volgende twee ure.

Kry al die inligting oor die 2017 Blouboek.

** Maandag 27 Maart is die sluitingsdatum vir jou artikel vir die April-uitgawe van Radio ZS. Stuur dit na radiozs@sarl.org.za

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag gaan wees. Daar is slegs 'n enkele sonvlek sigbaar met geen kans vir ernstige sonfakkels nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer een vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30m bande verwag. Met die dag-nag-ewening hier kan die 10m ook gedurende die dag verrassings oplewer. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

** Amateur Radio Today Maandag Frekwensie om te verander. Van Maandag 27 Maart sal die 16:30 UTC uitsending frekwensie verander na 3 230 kHz. Ontvangs verslae word gevra en kan gestuur word aan artoday@sarl.org.za. Amateur Radio Today frekwensies sal dus soos volg wees - Sondae 10:00 SAT 7 205, 7 082 kHz en 17 760 kHz. Maandae om 18:30 CAT 3 230 kHz.

** Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

27 Maart - sluitingsdatum vir Radio ZS artikels
31 Maart – sluitingsdatum vir stemmery vir die SARL Eregallery
30 Maart to 9 April – ZS4AFV vanaf die Stars of Sandstone
1 April – RaDAR Uitdaging
6 April – SARL 80 m QSO Partytjie
8 April – Herfs QRP Naelloop
18 April – Wêreld Amateurradio Dag
15 April - sluitingsdatum vir RAE registrasie
22 April - SDR Werkswinkel in die Kaap en die SARL Geraasvloer Werkswinkel by die NARS
6 Mei - Die Suid-Afrikaanse Radioliga se Nasionale Konvensie

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoofberig

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se Nasionale Konvensie wat die Algemene Jaarvergadering en Toekenningsdinee insluit, vind plaas by Bergvallei in Muldersdrift net noord van Johannesburg op Saterdag 6 Mei 2017. Die geleentheid word aangebied deur die Wes-Rand Amateurradioklub.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd met n verandering in frekwensie vanaf Maandag 27 Maart op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003